Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarheen nou?

Waarheen nou?
 
2007-03-22

Malané Bosman

DIE lewe het verander - sleg verander - sedert die aanval in haar rottang- en bamboeswinkel in die Paarl op Valentynsdag.

Rita du Plessis (84) het wel die aanval oorleef, maar nou het sy geen inkomste nie. Sy kan nie haar huis- of haar winkelhuur bekostig nie.

Sonder kind of kraai moet sy haar verlaat op die goedheid en gawes van ’n gesin in die Paarl.

Rita het jare lank haar bekende winkel in ’n historiese saaltjie regoor die Afrikaanse Taalmuseum bedryf. In Oktober verlede jaar het sy geskuif na ’n winkel op die hoek van Verster- en Kasteelstraat.

Dis daar waar sy op 14 Februarie vir dood gelaat is ná ’n aanval.

“Ek loop altyd uit wanneer ek bedreig voel,” vertel sy.

“Maar dié dag het die man my met ’n plank van agter geslaan.”
Die rower het met R200 weggekom.

Rita het ’n halfuur later bygekom met harsingskudding, ’n gebreekte arm en erge wonde oor haar lyf. Die winkel was bloedbesmeer.

Ná ’n operasie en hospitaalbehandeling, het ’n gereelde klant haar drie weke lank oor haar ontferm. Maar toe moes sy ander heenkome vind.

So moes sy hoed in die hand by verlangs aangetroude familie in Pleinstraat aanklop.

“Maar ek kan nie hier bly nie. Ek sou graag nou besigheid doen. Ek was reg om terug te gaan winkel toe.

“Maar al kom die gips later vandeesmaand af, kan ek nie eens betalings vir rekenings uitskryf nie, want daar is nie geld nie. Ek is al ses weke sonder inkomste.

“Boonop is my kop die heeltyd dronk. Niks is meer dieselfde nie.

“Vir die eerste keer in my lewe is ek nou afhanklik en bang,” sê sy vandag, met lippe wat bewe en 'n hand wat bly vryf oor die baie letsels aan haar kop, arms en bene.

“Ek kan nie alleen in die winkel staan nie. Ek hoop nou maar net iemand kan my R200 000 voorraad oorneem, en dat ek as vennoot die winkel kan help bestuur.

“Ek wil nie nou gaan sit nie. Ek kan nog werk en het darem nog al die ervaring van rottang en bamboes.”

Belangstellendes wat die besigheid wil koop, kan ’n vriendin, Angela de Villiers (083-702-2382), skakel.

* The bamboo queen of Paarl, storekeeper Rita du Plessis (84), cannot cope with debt after an attack in her shop.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za