Saron vergader
2007-03-22
DIE inwoners van Saron word genooi na ‘n Publieke Deelnemingsvergadering aangaande die Saron Meentgrond Transformasie Saterdagoggend om 10:00 in die saal van die VGK Saron. Die grond word tans in trust gehou deur die Minister van Grondsake ingevolge die Landelike Gebiede Wet van 1987.
Daar word egter nou voorsiening gemaak dat hierdie grond oorgedra kan word na ‘n regsentiteit van keuse van die gemeenskap, soos byvoorbeeld 'n trust.
By die vergadering sal inligting gegee word oor die prosedures wat gevolg sal word vir die toekenning en uiteindelike registrasie van die eiendom. Vir navrae kontak Elizabeth Williams by, by 021-807-4846.
More
News
|