Franschhoek gee Paarl krieket pak
2007-03-22
DIE Franschhoek Krieketklub het Saterdag ‘n skitterende oorwinning oor Paarl Krieketklub se vierde span behaal.
Franschhoek kolf eerste en behaal ‘n goeie totaal van 255/7 ná sy toegelate 40 boulbeurte.
Die voorste kolwer in dié beurt was aanvangs-kolwer Louvin Jacobs wat 93 lopies gemoker het.
Hy het verwoesting onder die boulers gesaai en 11 grenshoue en ses sesse gemoker.
Hy is goed ondersteun deur Denver Adonis (43).
Die Paarl-span het vroeg in sy beurt twee paaltjies verloor danksy uitstekende boulwerk deur die kaptein, Arleon Davids, wat die kolwers laat bontstaan het my sy vaart.
Hy behaal syfers van 4/12 in agt boulbeurte waarvan drie leeg was. Paarl word uitgeboul vir 172.
More
News
|