Rekord-sege vir Albions Rugbyklub
2007-03-22
ERVARING en hoë-risikospel was Saterdag die resep vir Albions Rugbyklub se rekordsege van 40-7 oor Young Gardens Rugbyklub gedurende hul vriendskaplike wedstryd.
Teen rustyd was Albions 19-7 voor en tydens die tweede helfte het hulle gesorg dat Young Gardens enige houvas op die wedstryd moes prysgee.
Wat gewig betref, was die voorspelers van die spanne gelykop, maar dit was die meer ervare Albions-manne wat die knoop uiteindelik deurgehaak het.
Die lostrio van Albions was weer dodelik en agterlangs was dit Lincoln du Preez wat die spel met sy taktiese skoppe en teenaanvalle beheer het. Die nuwe heelagter, Elrico Pietersen, het ook met goeie lopies ’n impak op die wedstryd gehad het.
Die uitblinkers was Jenovan Cornelissen en Lincoln du Preez.
Manfred Matjan (2), Ashley Manuel, Hendrick Kunené, Elrico Pietersen en Alfredo Adams het die drieë vir Albions gedruk terwyl Adams (3) en Du Preez (2) ook met doelskoppe geslaag het.
Albions se eerste span speel Saterdag teen Goodwood tydens ’n rugbydag in Kraaifontein.
More
News
|