Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers soek Streeptruie se bloed

Kavaliers soek Streeptruie se bloed
 
2007-03-22


ONDERSTEUNERS van die Boland Kavaliers kan Saterdag vir die eerste keer die seisoen op die Boland Stadion regskuif om hul span in aksie te sien.

Die Kavaliers het in sy laaste twee wedstryde met die SWD Arende (36-17) in Tulbagh en die Vodacom Cheetahs in Bloemfontein afgereken.

Die Boland se 37-26 sege oor die Cheetahs was weereens grootliks te danke aan die blitsige vleuel, Jongikhaya Nokwe, wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het en die skopskoen van die losskakel, Jacques Schutte.

Schutte was dodelik akkuraat. Benewens die feit dat hy aldrie drieë verdoel het, het hy ook met vier strafdoele en ‘n skepdoel geslaag om sy span stewig in die stuurstoel te plaas.

Kobus le Roux (flank) het die Kavaliers se ander drie gedruk.

Saterdag stamp die Kavaliers koppe met hul Kaapse bure, die Westelike Provinsie.

Die WP Vodacom-span wat deur die oud-Boishaaier, Pieter Louw, aangevoer word, het verlede naweek op Floridapark die Natalse Wildebeeste 19-13 geklop.

Die Kavaliers het in sy eerste wedstryd van die seisoen 25-16 teen die Wildebeeste verloor.

Die WP is tans die voorloper in die Suidelike afdeling van die kompetisie met 14 punte ná drie wedstryde. Die Vrystaat is in die tweede plek met 11 punte ná vier wedstryde, en die Kavaliers is in die derde plek met nege punte ná drie wedstryde. Die Wildebeeste het op dié stadium ook nege punte, maar het alreeds vier wedstryde gespeel.

As die Kavaliers Saterdag die WP kan bloedneus slaan, sal dit nie alleen vir hulle ‘n tweede of selfs eerste plek op die punteleer kan beteken nie, maar ook baie selfvertroue gee vir die orige twee poelwedstryde teen die OP Olifante en die Grens Bulldogs.

Die wedstryd begin om 16:00 op Boland Stadion, met ‘n voorwedstryd tussen Roses United Rugbyklub en Langebaan Rugbyklub wat om 14:00 afskop.

Boland: Monray Liebenberg, Alshaun Bock, Piet van Zyl, Dewey Swartbooi, Jongikhaya Nokwe, Jacques Schutte, Tewis de Bruyn, Chris Potgieter, Henley du Plessis, Kobus le Roux, Piet Myburgh, David de Villiers, Ruaan du Preez, Conrad Burke, Jané du Toit. PLAASVERVANGERS. Pieter Wium, Janro van Niekerk, Francois Prinsloo, Neil Papier, Jacques Badenhorst en Justin Peach.

WP: Joe Pietersen, Terry Jacobs, Sarel Potgieter, Morgan Newman, Hayden Groepes, Warren Edwards, Ashieq Wise, Pieter Louw (k), David Hendricks, Pieter Myburgh, Juandre Kruger, Selborne Boome, Attie Winter, Deon Fourie, Jean Botha. PLAASVERVANGERS.Simon Westraadt, Jan Volshenk, Rito Hlungwani, Francois Louw, Conrad Hoffman, PJ Vermeulen, Wilfred Pieterse



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za