Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ultra-wedloop oor Bainskloof

Ultra-wedloop oor Bainskloof
 
2007-03-22


DIE gewildheid van die SAD Safari Half-marathon het atlete in die Boland oortuig dat die Bolandse dorp net die regte ligging is vir ‘n nuwe ultra-marathon.

Die Safari Halfmarathon is 20 jaar gelede in die lewe geroep en vandag een van die gewildste wedlope op die padwedloop-kalender.

Die organiseerders het dus besluit dat daar geen meer gepaste manier is om dié wedloop te herdenk nie as om nou nog ‘n groot hardloop-geleentheid op die kalender te plaas.

“Dieselfde span wat dié wedloop begin en oor jare uitgebou het, staan nou reg om die Bainskloof Ultra- en Halfmarathon op die been te bring. Die wedloop beloof om uniek te wees en ons nasionale bate, Bainskloof, sal verseker dat niemand teleur-gestel word nie,” sê Noël Daniels, voorsitter van Wellington Atletiekklub.

Die geleentheid sal drie wedlope insluit, ‘n pretdraf oor 6 km, ‘n halfmarathon 21,1 km en ‘n dubbel- of ultra-marathon (Ultra) van 84,4km.

Dit is ‘n feit dat daar van middel Mei tot 4 Augustus geen marathon in die Boland of Wes-Kaap aangebied word nie en ook geen ultra-marathon van 7 April tot 25 Augustus nie.

Die Comrades is in die tyd die droomwedloop waaraan alle langafstandatlete wil deelneem. Weens die verblyf- en reiskostes en al die reëlings, is dit vir baie onmoontlik en vir dié wat wel daaaraan deelneem, baie duur.

Die veiligheid rondom Durban is deesdae ook ‘n bedreiging vir Comrades atlete, met baie atlete wat al beroof is.

Baie versoeke is al gerig en daar is ‘n groot behoefte aan ‘n ultramarathon in die Boland/Wes Kaap in die wintertyd.

Die eintlike doel van die Bainskloof Ultra is om as ‘n alternatief te dien vir die Comrades.

Bainskloof is veral bekend vir sy natuurskoon en in die winter, wanneer die wedloop gehardloop sal word, bruis die Witrivier en bergstroompies gewoonlik, om dit ‘n natuurbelewenis te maak.

Die wedloop begin sowat 130 meter bo seevlak en styg tot 600 meter bo seevlak. Dit bied ‘n besondere uitdaging aan atlete, ‘n roete wat ten opsigte van natuurskoon, skoon lug, helling, moeilikheidsgraad en historiese agtergrond meer bied as die gewone, en in baie opsigte selfs die Comrades-roete oortref.

Die pragtige natuurskoon van die area rondom Bainskloof is oorweldigend en die moontlikheid van sneeu en pragtige bergstrome in die wintertyd, maak die wedloop baie aanloklik.

Dit kan koud wees, maar koel weer is enige atleet se droom as hy 84,4 km moet hardloop.

Die Verkeersdepartement het ‘n versoek toege-staan dat die wedloop mag plaasvind op Saterdag 16 Junie (Jeugdag) en dat die pas tydens die wed-loop gesluit sal wees.

Dit gaan heel gepas ten bate van die Murray Kinderhuis, die Arendsnes Straatkinderprojek en ander welsynsorganisasies aangebied word.

“In Welvisi is die welsynsorganisasies van Wellington saamgesnoer om saam die nood in die gemeenskap aan te spreek. Borge kan met hierdie projek vereenselwig.

“Dit is ook ‘n geleentheid om met sport, sportontwikkeling, gemeenskapsbou, toerisme en natuurbewaring geassosieer te word. Hopelik sal dit met verloop van tyd bydra tot groter bewust-heid en bewaring van hierdie bate,” verduidelik Daniels.

Die webblad www.bainskloofultra.co.za is geregistreer en alle betrokkenes sal die geleentheid kry vir blootstelling met ‘n skakel daarop.

Elke Ultra-marathonatleet kry ‘n T-hemp, elke deelnemer aan die Halfmarathon en Ultra kry ‘n atleetpakket terwyl prysgeld ter waarde van meer as R50 000 op die spel is.

Daar sal ook ‘n crèche wees vir die kinders van deelnemers, terwyl voorsiening gemaak sal word vir die veilige bewaring van sportsakke, en die verblyf in skoolkoshuise of in gastehuise.

Pryse is ook op die spel vir die drie klubs wat die meeste voltooiers in die ultramarathon het en die drie beste waterpunte.

Die eerste tien atlete sal goue medaljes ontvang, daarna silwer vir die diegene wat binne sewe en ‘n halfuur die wedloop voltooi en brons vir dié wat die wenstreep voor die 12 uur afsnypunt oorsteek.

Albei wedlope sal op die sportveld van Hugenote Hoërskool wegspring en eindig.

Die roete is: Volg Fonteinstraat af (noordelike rigting) tot by Bainstraat, draai regs in Bainstraat oor Rosestraat, Malanstraat, Bergstraat en Cum-mingstraat en draai regs in Kerkstraat, volg die pad na Bainskloof en oor Bainskloof.

Die draaipunt vir die halfmarathon is voor Gawie se water in Bainskloof, terwyl die ultra-atlete eers in die Slanghoekvallei terugdraai in die rigting van Wellington. Die afsnytyd is 12 uur vir die ultra en vier uur vir die halfmarathon.

Atlete aan die ultramarathon sal aan dieselfde kwalifiserende vereistes as vir die Comrades moet voldoen. Inskrywingsgeld is R150 vir die ultra-marathon en R40 vir die halfmarathon.

Inskrywingsvorms sal versprei word twee maande voor Bainskloof Ultramarathon by soortgelyke byeenkomste asook plaaslike sport-winkels en gimnasiums.

Die inskrywingsvorm en verdere inligting sal op die internet beskikbaar wees op die webwerf: www. bainskloofultra.co.za. Atlete sal ook direk op die internet by www.enter online.co.za kan inskryf.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za