Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paasdienste by AME-kerk

Paasdienste by AME-kerk
 
2007-03-29


DIE hoof van die AME Kerk, biskop Samuel L Green uit die VSA, het onlangs ’n spesiale diens by die St Josephs-gemeente in die Paarl gelei as deel van die gemeente se 74ste bestaansvieringe.

Hy het gepraat oor sosiale euwels in die gemeenskap en mense gemaan om op te staan en iets te doen, in plaas van te sit en wag dat iemand anders dit doen.

Die gemeente hou ook spesiale Paasfeesdienste met die tema ‘God roep ons tot Sy liefde’. Dit begin Sondag met ’n Palmsondag-diens om 10:00.

Van Maandag tot Goeie Vrydag is daar ’n Heilige Week. ‘Voetewas-dienste’ word Maandag tot Donderdag om 18:30 gehou, terwyl die Goeie Vrydag diens van 12:00 tot 15:00 plaasvind.

Saterdag 7 April om 13:00 braai die gemeente saam en Paassondag, 8 April, is die dienste om 07:00 en 10:00. Maandag 9 April is daar ’n busrit na Worcester.

* Biskop Green het ’n bedrag van R500 aan die kerk se Tik-kamer geskenk. Die kamer word elke Dinsdag en Donderdag van 10:00 tot 12:00 beman. Die biskop se preek is ook op DVD by eerw Keith Links beskikbaar, 021-862-1954 of 076-450-4158.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za