Kruisdra op Goeie Vrydag
2007-03-29
OP Goeie Vrydag, 6 April, om 08:00 dra Christene ’n kruis van die Laborie landgoed se parkeerterrein met die Hoofstraat tot by Laboriestraat dan op tot by Picardie-gasteplaas, deur die wingerde tot by die Suider-Paarl NG kerk in Courtrai.
Mense wat nie die hele ent pad kan saamstap nie, kan êrens op die sypaadjie op pad kerk toe, of by die voordeur van die kerk wag.
Hierdie geleentheid vind vanjaar die agtste agtereenvolgende jaar in die Paarl plaas. As jy nog nooit voorheen hieraan deelgeneem het nie, is jy welkom om dit hierdie keer mee te maak.
Omdat hulle ’n ent stap, trek die mense informeel en gemaklik aan.
Die nagmaaldiens word om 09:00 deur prof Stephan Joubertin die kerk gelei. Die kleuterkerk sal vanaf 08:45 oop wees. As dit reën, ontmoet die mense mekaar eers om 09:00 in die kerk.
Donderdagaand 5 April om 19:00 bied Suider-Paarl gemeente ook ’n Paasprogram met Woord, lied en nagmaal in die kerk aan. Almal is welkom.
Opstanding-Sondag, 8 April, om 08:30 en 10:00 lei ds Barnard die dienste. Navrae by ds Barnard, 083-701-1236/021-863-2700.
More
News
|