Kunskalender
2007-03-29
Boeremusiekgilde: Die Boeremusiekgilde se volgende dans is môre by Noord-Eind Laerskool van 20:00 tot 01:00. Dit gaan ’n ‘hoede’-dans wees en hulle gaan ’n prys gee vir die beste hoed. Bespreek by Ciceel, 083-346-7083.
Marathon: ’n Boeremusiek Marathondag word beplan vir Saterdag 21 April op Laerskool Noord-Eind se sportveld. Mense wat belang stel in stalletjies vir die dag, teen R100, kan Ciceel skakel vir ’n aansoekvorm. Hulle kan ook vir Johann Wentzel skakel by 083-357-4552 vir meer navrae.
Sangaand: Reach Out Ministries hou Ćn sangaand in die Breakthru-saal op Wellington op Saterdag 31 Maart om 19:00. Toegang is R10 (kinders R7). Kontak Randal Williams (082-586-4643) of Sonita Burger (072-382-7573.
Simonsvlei: Die Uwe Pottie Potgieter is op 24 Mei by Simonsvlei, en op 26 Mei is dit A Tribute to Cat Stevens. Bespreek by Lynette Griessel, 021-863-3040 of lynette@simonsvlei.co.za.
Tommy Dell: Die gewilde sanger Tommy Dell tree op Vrydag 4 Mei om 19:30 in die Kraaifontein stadsaal op ten bate van Andries Olivier Kwadruplegiese sentrum in Durbanville. Kaartjies is R50 by Cobus Groenewald, tel 021-975-0914 of 084-925-0914.
Lourensrivier feesmark: Mense kan nou aansoek vir die Lourensrivier feesmark, wat van 31 Oktober tot 2 November plaasvind. Kontak Georeneá by tel 021- 853-8009 of e-pos lourensrivierfeesmark@yahoo.com. Die evalueringdatum is 26 Mei.
Stoutstes: Thys die Bosveldklong, Vicus van der Merwe en Zak van Niekerk - tree Donderdag 19 April om 19:00 by Hugenote Hoër op Wellington op. Bespreek by Elana (082-498-6576).
Rock: Afrikaanse rock-kunstenaars staan nader. ‘n Program met Afrikaanse rock, Hip Hop en woordkuns, word beplan vir 21 Mei in die amfiteater op Paarlberg. Kontak Juan Pekeur by 073-657-7350 of epos juanpekeur@yahoo.com.
Mynhardt: Die gewilde akteur Patrick Mynhardt tree Saterdag 21 April in die Paarlse stadsaal op met sy opvoering ‘Jerepigo Gems’, is gebaseer op die gewilde kortverhale van Herman Charles Bosman. Dit word om 19:00 aangebied as deel van die Bosman-familiesaamtrek, maar is oop vir die publiek. Kaartjies is R80 (R50 vir kinders onder tien). Bespreek by Elma Brand, tel 021-863-0397 of events@definitely-different.co.za.
More
News
|