Rooikappie en die maanmannetjie
2007-03-29
OUDISIES is vandeesweek gehou vir ‘n kinderteaterstuk wat van 16 tot 21 April in die Ou Meulteater in die Paarl opgevoer gaan word.
Die stuk vertel van Rooikappie wat maanmannetjies ontmoet op pad na haar ouma toe en al hulle avonture.
Skole wat blokbesprekings wil doen, kan Celeste Loriston skakel by 083-708-4917.
* Die teater soek nog steeds na ‘n elektrisiën en nutsman wat hulle kan help met noodsaaklike werk. Daar moet gekyk word na die elektriese bedrading, verfwerk, stukkende stoele en die dak se isolasie.
More
News
|