Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer meer oor kanker

Leer meer oor kanker
 
2005-05-19


DIT is nou jou kans om betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied opleiding vir gesondheidsbevordering vrywillige werkers van 24 tot 26 Mei in die Paarl.

Die opleiding sal daagliks van 09:00 tot 16:00 plaasvind.

As jy bereid is om een uur per week as vrywilliger te werk, kan Kansa jou gebruik.

Kursusgangers sal inligting omtrent kanker ontvang met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing. Daar sal van kursusgangers verwag word om hierdie inligting in die gemeenskap te versprei.

Onderwerpe sluit in wat is kanker, soorte kanker, waarskuwingstekens, diagnose en behandeling, tabak en verwante siektes en dieetverwante kankers.

Bogenoemde onderwerpe word deur mediese praktisyns van die Paarl en omgewing behandel en beloof om baie insiggewend te wees.

Belangstellendes kan Mareé Lambrechts skakel by 876-3589 gedurende kantoorure.

Los u naam en telefoonnommer op die antwoordmasjien en hulle sal spoedig terugskakel.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za