Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moedertaal gevier

Moedertaal gevier
 
2007-03-29


DIE Afrikaanse Taalmuseum het ‘n spesiale opvoedkundige program ter viering van Internasionale Moedertaaldag in die Toringkerksaal aangebied.

Dit is deur meer as 300 senior leerders van Hoër Landbouskool Boland, Klein Nederburg Senior Sekondêr, Noorder-Paarl Hoërskool, Wellington Sekondêr en Groendal Sekondêr bygewoon.

Die spreker was die bekende skrywer, EKM Dido, wat as ‘n “ware taalverkleurmannetjie” beskryf word, omdat sy ewe vlot in Afrikaans, Engels en Xhosa is.

Daarna het ‘n veeltalige poësie-aanbieding deur studente van die Dramadepartement van Stellenbosch gevolg.

Die doel van die program was om veeltaligheid te bevorder en groter begrip en verdraagsaamheid jeens verskillende taal- en kultuurtradisies teweeg te bring.

Vir meer inligting oor die Taalmuseum se opvoedkundige programme, kontak vir Esther van Heerden by 021-872-3441 of by opvoeding@taalmuseum.co.za.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za