Gim rugbytoernooi skop af
2007-03-29
DIE vyftiende jaarlikse Hoërskool Gimnasium o.16 Rugbytoernooi begin hierdie naweek in die Paarl.
Altesaam 28 spanne gaan die room van die land se skole verteenwoordig en sal elk drie wedstryde op Saterdag, Maandag en Woensdag speel.
Alhoewel harde en vinnige spel verwag word, sal rugby die ware wenner wees. Slegs een trofee sal na afloop van die toernooi oorhandig word aan die span wat die opwindendste rugby gespeel het. Hierdie span sal deur ’n paneel keurders aangewys word.
Alle ouers en belangstellendes word uitgenooi om hierdie skouspel te kom geniet.
Die wedstrydbepalings vir die eerste ronde Saterdag is soos volg: A-veld - Marlow t Helpmekaar (09:00), Oakdale t Springs Hugenote (10:00), Brackenfell t Centurion (11:10), Rondebosch t Klerksdorp (12:15), Paul Roos t Waterkloof (13:20), Boland Landbou t Afrikaans Hoër Seunskool (14:25), HJS Paarl t Monument (15:30) en Paarl Gim t HTS Middelburg (16:35). B-veld - Westville t Kempton Park (09:00), Michaelhouse t Florida (10:00), Framesby t Durban High School (11:10), Hoërskool Punt t Hoërskool Dinamika (12:15), Glenwood t EG Jansen (13:20) en Outeniqua t Grey Kollege (14:25).
Vir meer inligting rondom die wedstrydbepalings vir 2 en 4 April, skakel Stephan Schoeman by 082-883-0044.
More
News
|