Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugbydag lewer goeie spel

Rugbydag lewer goeie spel
 
2007-03-29


DIE Hoër Landbouskool Boland het verlede Woensdag ’n hoogs suksesvolle rugbydag aangebied met altesaam 24 skole in die Boland-streek wat aan hierdie geleentheid deelgeneem het.

Die groot getal toeskouers wat teenwoordig was, is deurentyd met goeie spel vermaak en het ’n voorsmakie gekry van wat die komende seisoen moontlik kan inhou.

Die spanne het elkeen drie wedstryde van tien minute aan ’n kant gespeel terwyl straf- en doelskoppe in dié verkorte weergawe van die spel nie toegelaat is nie.

Dit op sigself het gesorg dat hardlooprugby aan die orde van die dag was alhoewel sommige spanne by tye gesukkel het om binne die beperkte tyd aan die gang te kom.

Verdediging was van kardinale belang terwyl hanteringsfoute party spanne duur te staan gekom het.

’n Goeie voorbeeld hiervan was Hoër Jongenskool Paarl wat in hul wedstryd teen Hoërskool De Kuilen nie minder nie as nege drieë gedruk het.

HJS is ná afloop van die dag se spel aangewys as die span wat die ondernemendste rugby opgelewer het.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za