Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir versoeke vir terugbetaling

Pasop vir versoeke vir terugbetaling
 
2007-03-29


WEES versigtig vir mense wat tjeks in hul rekening inbetaal en dan onmiddellik vra vir ’n terugbetaling. Dit is die boodskap vir die publiek, nadat Paarl Toerisme amper ’n lelike stel afgetrap het.

Hulle het op 12 Maart ’n faks van “Telkom SA Billing & Tariff Inspectorate Agency in Braamfontein” gekry. Hiervolgens sou ’n bedrag van R6804 aan die Toerisme-kantoor verskuldig wees, wat “per abuis” te veel aangeslaan was.

Die brief was onderteken deur ene Delma Khan, met slegs ’n selfoonnommer.

Paarl Toerisme het hul bankbesonderhede op versoek verskaf, sodat die geld “terugbetaal” kon word.

Op 15 Maart het hulle ’n faks ontvang om te sê dat die rekening eintlik vir ’n 031-kode was, nie 021-nie.

Boonop is daar “verkeerdelik” ’n bedrag van R68 004-53 in Toerisme se rekening inbetaal - dit moes terugbetaal word. Gelukkig vir die toerisme-kantoor, kon hulle nie direk ’n bankstaat trek en die “regstelling” maak nie.

Verlede week het hulle uitgevind dat ’n tjek van R68 000-53 wel inbetaal is, maar dat dit op 16 Maart deur die bank terugverwys is. Dit was nie afkomstig van Telkom nie.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za