Gesonde toekoms en gemoedsrus
2005-05-19
DIE ontdekking dat jy ’n lewensgevaarlike of ’n ongeneeslike siekte het, kan ’n verpletterende ervaring wees wat elke aspek van jou lewe, emosioneel en finansieel kan raak.
Ou Mutual reël ’n byeenkoms om geld in te samel vir Sunfield Homes op Wellington. Dit is Woensdag om 19:00 in die Hugenote Hoërskoolsaal.
Hulle gaan die bekende dr Marius Barnard daar hê om te praat oor gevreesde siektes en die effek van so iets op ’n mens se finansies, asook hoe om voorsorg te tref daarvoor.
Dr Barnard moes telkemale toekyk hoe sy pasiënte gevreesde siektes oorleef het, maar gou weer moes gaan werk as gevolg van finansiële druk.
Dit het hom gemotiveer om in 1983 die eerste gevreesde siekte produk te ontwikkel, wat sy pasiënte finansiële gemoedsrus kon bied, sodat hulle meer tyd kon hê om die trauma te verwerk, te herstel en dus meer tyd kon hê om saam met hulle familie deur te bring.
Dr Barnard was ook deel van die span dokters wat onder leiding van sy broer, professor Chris Barnard, die eerste hartoorplanting gedoen het.
Vir meer inligting rakende die funksie asook kaartjieverkope, kontak die Ou Mutual Wellington kantoor by 873-0259 (Jan-Hendrik Stander) of 873-2313 (Daan Spamer).
Kaartjies is R70 (ligte ete en wyn ingesluit) en die drag is semi-formeel.
More
News
|