Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Goeie nuus vir Amstelhof se inwoners

Goeie nuus vir Amstelhof se inwoners
 
2007-03-29


DIE eiendomsreg van 246 munisipale huurhuise in Amstelhof gaan aan die huidige huurders oorgedra word, nadat die provinsiale administrasie toestemming aan Drakenstein Munisipaliteit gegee het om dit volgens die afslag-voordeelskema te verkoop.

Hierdie eenhede is nog ’n oorblyfsel van die Groepsgebiedewet.

Die gesinne het in 1967 na Amstelhof getrek, en aangesien daar nie genoeg wooneenhede was nie, het die destydse stadsraad besluit om die viervertrek-eenhede te verdeel.

Dit het beteken dat twee gesinne een toilet en een kraan met ’n waskamer moes deel in die skakelhuise.

Die eenhede met drie, vier en vyf vertrekke is sedert 1983 aan die huurders verkoop, maar die tweevertrek-eenhede kon nie verkoop word nie, omdat elke gesin nie ’n eie toilet en waterkraan gehad het nie.

In 2002 het die Raad besluit om die waskamers te omskep in toilette wat dan vir elke gesin ’n eie toilet voorsien het.

Hierdie verbeterings het daartoe gelei dat die provinsie nou toestemming gegee het vir die verkoop van die eenhede.

Die voornemende kopers kry die wonings gratis, maar is verantwoordelik vir die oordragkoste van sowat R270.

* A total of 246 municipal houses will soon be transferred to the tenants who have been renting them in Amstelhof.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za