Rall na nuwe tronk
2007-03-29
DIE vermeende Wellingtonse bedrieër Colin Rall is van Allandale gevangenis oorgeplaas na Goodwood gevangenis, nadat sy saak na die Khayelitsha Streekhof verskuif is.
Volgens ’n regsgeleerde is die saak daarheen oorgeplaas sodat die hofverrigtinge by ’n meer gesentraliseerde punt gevoer kan word.
Rall en sy vrou, Merinda, word van verskeie voorvalle van bedrog aangekla wat na bewering strek van Wellington en Kaapstad tot Gauteng.
Rall, wat reeds vorige veroordelings vir bedrog en diefstal teen hom het, word ondersoek vir onder andere bedrog van R200 000 wat ’n belegging in hul promosiemaatskappy ProRugby was.
Merinda is op R3000 borgtog, terwyl Rall agter tralies sit.
More
News
|