Raaiseldood
2007-03-29
DIE liggaam van August Peter is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 in ’n poel bloed ontdek op die perseel van die gemeenskapstuine oorkant die Paarl Hospitaal waar hy woon.
Sy vriendin, Catherine Adonis, het hom eers probeer help en toe hulp gaan soek by die hospitaal.
Adonis is vir ’n geruime tyd deur lede van die polisie ondervra voordat sy vrygelaat is.
Twee messe is op die toneel gevind en ’n geregtelike doodsondersoek sal nou plaasvind om die oorsaak van Peter se dood vas te stel.
Peter is sedert verlede Augustus opsigter van die tuine wat ’n herlewing ondergaan het nadat die projek vir ’n paar jaar doodgeloop het.
Mense word daar geleer om groente te kweek vir hul sopkombuise.
Projekbestuurder Cecil Cupido was stomgeslaan toe hy toevallig by die toneel verby gery het en die nuus van Peter se dood ontvang het.
“August was sy gewig in goud werd en ek weet nie hoe ons hom gaan vervang nie. Hy was baie kundig met die kweek van groente en alles het onder sy sorgvuldige aandag gefloreer.”
* The supervisor of Paarl’s hospital gardens was found dead under mysterious circumstances.
More
News
|