Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Egpaar sterf op pas

Egpaar sterf op pas
 
2007-03-29


EEN oomblik nog het twee egpare Saterdag gelag en hul volgende motorfietsrit beplan, en die volgende oomblik het Jan en Helen Kotze dood gelê langs die Dutoitskloofpas.

Die egpaar het met hul 1200 BMW motorfiets gebots teen die neus van ’n reuse vragmotor uit die Paarl, wat buite beheer in die verkeerde baan voor hulle getroon het.

Hul vriende, Francois en Elsa Saunders, ook van Johannesburg, het ’n ent agter hulle gery. Hulle het tyd gehad om uit te swaai, maar is deur leë kratte wat afgeval het van die vragmotorbak, van hul motorfiets gegooi. Hulle is nie ernstig beseer nie.

Die pas is gesluit terwyl opmetings van die toneel is en die kratte, wat 100m voor die ongeluk begin aftuimel het, uit die pad gesleep is.

Die vragmotor het ná die botsing 150m verder aangeslinger en kratte verloor, voordat dit uiteindelik teen die bergrand tot stilstand gekom het.

“Ons het nog so lekker gelag op Ceres en ’n volgende rit beplan, Natal toe. Jan was ’n baie ervare bestuurder met drie motorfietse.

“As ons net vyf sekondes later op die berg was, dan was ons nie daar toe die vragmotor teen die bergrand geskuur het om te rem nie,” het Francois onthou.

’n Spesialis-eenheid sal die vragmotor nagaan om die bewering van ’n onklaar remstelsel te ondersoek.

Die vragmotor behoort aan Vlokkies Vermeulen van MTC Vervoer van Simondium.

’n Aanklag van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.
In ’n ander motorfietsongeluk op Dutoitskloofpas, Woensdag verlede week, het Johan Augustine van Kimberley gesterf. Sy vrou, Lise, is ernstig beseer in die tromp-op botsing teen ’n aankomende
vragmotor.

Die egpaar was op pad na ’n familielid in die Paarl toe hulle nie verblyf op Worcester kon kry vir die Swallows Rally nie.

Nog ’n motorfietsryer op pad na dié byeenkoms, André Barnard van Ladismsith, het naby Nekkies by Worcester in ’n botsing gesterf.

Sondag is ’n motorfietsryer met behulp van ’n helikopter uit ’n afgrond op die Franschhoekpas gelig nadat sy motorfiets die pad verlaat het.

Hy is met ernstige beserings na die Tygerberg Hospitaal gehaas.

Nog twee motorfietsryers is Sondag beseer toe hulle beheer oor hul fietse verloor het, onderskeidelik op die N1 by Klapmuts en die ander in Dutoitskloofpas.

* Four motorcycle riders were killed and six injured during a week of horror accidents.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za