Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoop vir huise na lang wag

Hoop vir huise na lang wag
 
2005-05-19


AS alles volgens plan verloop, sal bouwerk teen einde Julie begin aan nuwe huise in fases 4, 5 en 6 van Paarl behuisingsprojek 59.
Dienste is reeds voltooi in die ontwikkeling, wat al lank sloer, en die meeste van die 663 begunstigdes het nou meestal hul koopbriewe voltooi.

Die dokumentasie sal nou deur die prokureurs afgehandel word, waarna die waarnemende munisipale bestuurder dit teken.

Hierna word dit in die akteskantoor geregistreer en die subsidies, wat reeds in beginsel goedgekeur is, word oorbetaal.

’n Kontrakteur is ook nog nie aangestel vir die projek nie. Na twee mislukte openbare tender-pogings is daar ’n geslote tender geadverteer, waar niemand opgedaag het nie.

Die vierde tenderversoek het nou gesluit en daar word gewag vir die konsultante se verslag.

Daar is aan die begunstigdes tydens ’n vergadering by die behuisingskantoor verduidelik dat die Munisipaliteit kyk na ’n tenderaar se kapasiteit voordat hy aanvaar word, ten einde te verseker dat die werk voltooi word.

Uiteindelik is fases 4, 5 en 6 saamgevoeg, wat dit winsgewend genoeg maak vir groter kontrakteurs om te tender.

David Delaney, waarnemende hoof van beplanning, het die mense bedank vir hul geduld en samewerking.

Hy het aan hulle verduidelik dat daar geen ekstra koste verbonde is aan die projek nie, net die R240 wat hulle vir die waterdeposito sal
moet betaal.

* A housing project in Paarl East is to be launched after long delays.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za