Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2007-03-29


* Young Gardens Rugbyklub beplan ’n Paastoer van 5 tot 9 April na Riviersonderend. Belangstellendes kan Chrisbin skakel by 087-135-973.

* Young Standards Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Klein Nederburg Sekondêre Skool. ’n Krieketdag word Sondag op die Parys-veld gehou. Navrae: Martin van Zitters (083-443-1223).

* Riverstones Rugbyklub bied Saterdag ’n spanboufunksie aan by Paarlzicht Skool as fondsinsameling vir hul Paasnaweek-toer. Die verrigtinge begin om 08:00 met ’n braai van 15:00.

* Windmeul United Rugbyklub is op soek na ’n hoof-afrigter. Enige navrae kan gerig word aan O Simonse by 083-484-6859. Windmeul speel Saterdag ’n wegwedstryd teen Young Peoples Rugbyklub.

* Hayashi-Ha Karateklub bied Saterdag ’n klubkompetisie aan by Groendal Gemeenskapsaal, Franschhoek, ter fondsinsameling vir hul toer na Botswana. Registrasie is R30 vir karatekas per item en geskied vanaf 08:00 en die kompetisie begin om 09:00. Toegang is gratis.

* Violets Rugbyklub bied Saterdag hul jaarlikse familiedag by Hoërskool Paulus Joubert aan. Die saamtrek begin om 11:00.

* Die Westelike Provinsie Stoeivereniging bied Saterdag die jaarlikse Abraham Geldenhuys WP Ope Kampioenskap in drie stoeistyle aan. Die byeenkoms vind by die Proteaville Ontspanningsaal in Bellville-Suid plaas. Geaffilieerde stoeiers van Suid-Afrika en Namibië mag deelneem en slegs 320 inskrywings sal aanvaar word. Stoeiers weeg Saterdag tussen 07:30 en 08:00 in en die kompetisie begin om 08:45. Toegang is gratis. Vir navrae, skakel Wimpie by 079-186-1756.

* Franschhoek High School will host a golf day at the Paarl Golf Club on Friday 27 July. The aim of the day is to generate additional funds for the school. If you are willing to make a contribution or want to participate in the competition, please contact the school on tel 021-876-2079.

* Bergrivier Krieketklub bied Sondag 15 April om 11:00 hul algemene jaarvergadering by die klubhuis aan. Spelers en belangstellendes word gevra om die vergadering by te woon waar die nuwe bestuur verkies gaan word. Die klub is ook dringend op soek na ’n afrigter, verkieslik mense wat ’n vlak 2 afrigtingskursus voltooi het en woonagtig is in Wellington/Paarl. Belangstellendes kan Julius Williams kontak by 021-873-5045 of 082-076- 1972.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za