Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


De Jager wys sy staal by Ysterman

De Jager wys sy staal by Ysterman
 
2007-03-29


DIE veelsydige Paarlse atleet, Shaun de Jager, het onlangs by die Spec-Savers Ysterman Suid-Afrika Kompetisie in Port Elizabeth sy persoonlike tyd met om en by 50 minute verbeter.

Tydens verlede jaar se byeenkoms het De Jager die 180km fietsry, 38km swem en 42,2km hardloop in 12h25min voltooi en algeheel 330ste geëindig.

By vanjaar se kompetisie was hy die 220ste atleet oor die wenstreep in ’n tyd van 11h34min44s onder die 1600 deelnemers.

Dié Ysterman-kompetisie maak deel uit van ’n reeks internasionale byeenkomste met ’n groot verskeidenheid oorsese atlete wat hiervoor inskryf om hul staal te wys.

Alhoewel daar later dié jaar verdere kompetisies in Frankryk, Oostenryk en Monaco aangebied word, berei De Jager homself voor vir Ysterman Suid-Afrika 2008.

Indien hy by hierdie geleentheid onder die eerste 100 atlete eindig, is sy kanse goed om ’n groter borg te kry sodat hy later volgende jaar in Hawaii kan gaan deelneem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za