Paarl-atlete deur na SA Kampioenskap
2007-03-29
VERSKEIE atlete van die Paarl het onlangs die Bolandspan by die Wes-Kaap Kampioenskap in Bellville verteenwoordig.
Van hierdie atlete het uitstekend presteer en is ook in die Wes-Kaapspan opgeneem wat hierdie naweek aan die SA Hoërskole Atletiekkampioenskap in Port Elizabeth gaan deelneem.
Liné Barnard en Anné Nieuwoudt van Hoër Meisieskool Paarl het onderskeidelik in die dogters o.19 gewigstoot en die dogters o.17 paalspring vir hierdie kompetisie gekwalifiseer.
Ryno Swanepoel (S19 100m en 200m), Dean Morgan (S17 hamergooi), Francois Burger (S17 paalspring), RJ Kellerman (S17 gewigstoot), Marese Stofberg (D17 100mH), Elmien Nel (D17 driesprong), Ilse Liebenberg (D17 verspring), Jessica Galloway (D15 paalspring), Ilze Louw (D15 skyfwerp) en Jean-Marie Senekal (D15 90mH en 300mH) van Paarl Gimnasium is in die Wes-Kaapspan opgeneem.
Die atlete van Hoër Jongenskool wat ook by hierdie groep ingesluit is, is Ruan Maree (S15 gewigstoot), Lionel Abrahams (S15 verspring) en Matthew van Heerden (S19 100m, 200m en 110mH).
Hoërskool La Rochelle het twee atlete wat in die span opgeneem is. Melissa Hewitt gaan aan die D17 100m, 200m en 4x100m/200m sweedse aflos deelneem terwyl Janita Stander gekwalifiseer het vir die D17 paalspring.
Frederick Bester (S15 hamergooi) en Rossouw Kruger (S19 gewigstoot en hamergooi) van Hoër Landbouskool Boland gaan ook in Port Elizabeth deelneem.
Hoërskool Hugenote het drie atlete wat gekwalifiseer het en hulle is Elana Moolman (D17 800m), Rieth Moody (D19 hamergooi) en Arno Botha (S19 400m).
More
News
|