Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekenaartyd vir almal by Nieuwedrift Primêr

Rekenaartyd vir almal by Nieuwedrift Primêr
 
2005-03-09


DIE 770 leerlinge by die Nieuwedrift Primêre Skool in Noorder-Paarl gaan voortaan een en almal kans kry om rekenaarvaardig te word.

Die skool het verlede week sy nuwe Humpty-Dumpty rekenaarsentrum geopen met 14 rekenaars en twee drukkers.
Die Khanya-projek, wat in 2001 deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) begin is, sal die skool bystaan met lesprogramme.

Die sentrum is moontlik gemaak met skenkings van Windmeul Eierboere en Pick ’n Pay.

Wendy Ackerman, eggenote van die voorsitter van Pick ’n Pay, het die sentrum geopen en gesê dit is ’n voorreg om by die jeug se ontwikkeling betrokke te wees.

Gigi Passerini, besturende direkteur van Windmeul Eierboere, sê albei die maatskappye is familie-ondernemings wat graag in die gemeenskap betrokke wil wees.

Die meeste van die skool se ouergemeenskap is ook in diens van Windmeul Eierboere.

Cameron Dugmore, Wes-Kaapse Minister van Onderwys, het die opening bygewoon en die skool gevra om seker te maak dat die leerders genoeg rekenaartyd kry, al moet dit ná skool en oor naweke plaasvind.

Hy sê die WKOD beoog om teen die einde van 2005 rekenaarsentrums by alle hoërskole in die Wes-Kaap te hê.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za