Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos slag Stellenbossers

Paarl-Oos slag Stellenbossers
 
2007-03-29

Jacques Rossouw

DIE eerste sowel as die tweede span van die Thorp GM Paarl-Oos Krieketklub het die afgelope naweek hul plekke in die finale van die Premier en Reserwe Premierligas verseker met oorwinnings teen onderskeidelik Victoriane en Van der Stel.

Op Coetzenburg het Paarl-Oos se eerste span kleingeld van Victoriane gemaak deur hulle in die 38ste beurt vir ’n verspotte 103 lopies uit te boul.

Bo en behalwe uitstekende, ekonomiese boulwerk aan die kant van die Paarliete, het hulle verder met vuurwarm veldwerk die tuisspan se lopie-tempo beperk.

Dennis November (4/31 in 9), Zynodine Fredericks (2/13 in 9) en Waylin September (2/18 in 9) was die room van Paarl-Oos se boulaanval.

Die openingskolwers van Paarl-Oos het hul beurt bestendig begin met die eerste paaltjie wat op 43 gekantel het.

Dit het egter ’n klein ineenstorting meegebring met drie paaltjies wat geval het sonder dat enige lopies bygevoeg is.

Die Paarliete het dié vernuwe boulaanval teengestaan en in die 34ste beurt die wenlopies aangeteken.

Morné de Vries (42nun, 4x5, 6x1) en Kurt Julies (20, 4x1) het grootliks tot hul span se telling van 106/4 bygedra om die wedstryd met 6 paaltjies te wen.

Die tweede span van Paarl-Oos het in hul wedstryd teen Van der Stel op Allandale met hul kolfwerk gedomineer.

Die tuisspan het in hul toegelate 45 beurte ’n reuse 258/9 aangeteken met Germaine Erasmus (60, 4x5, 6x3), Werner Erasmus (34, 4x5, 6x1), Jenovan Adams (30, 4x3), Roderick Aries (29, 4x1, 6x1), Garth Lewis (21, 4x4) en Lee-Roy Goliath (20, 4x1, 6x1) wat Van der Stel se boulers aangevat het.

Die Stellenbossers kon in hul kolfbeurt nie die Paarliete baasraak nie en is in die 35ste beurt vir 126 uitgeboul. Burton Gouws (4/21 in 9), Jade Adams (4/25 in 9) en Justin Watts (2/32 in 5) het die deurslaggewende rol gespeel om hul span met 132 lopies te laat seëvier.

Die eerste span van Paarl-Oos kom Saterdag teen Oostelikes te staan in die finaal by Boland Park om 15:45 terwyl die tweede span teen Maties II in die finaal op die Parys-veld om 10:00 gaan kragte meet.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za