Gesels oor geskiedenis
2007-04-04
DIE belangrikheid van geskiedenis gaan op Maandag 16 April om 18:30 vir 19:00 onder die loep kom tydens ’n gesprekslesing by Hugenote Laerskool op Wellington.
Dit word deur die Rapportryers Wellington gereël en die gespreksleier is prof Albert Grundlingh van US.
Hy sal praat oor die belang van ons geksiedenisraamwerk met die toepaslike en volledige konteks vir ons kinders.
Die Rapportryers nooi almal wat belangstel om te kom saam gesels en luister.
Hulle verwelkom veral senior geskiedenisleerders en alle geskiedenisonderwysers vir laer- en hoërskole.
Prof Grundlingh is sedert 2001 voorsitter van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.
More
News
|