Easter/Paasfees
2007-04-04
Paarl Methodist Church: A number of services will take place over Easter weekend. The Maundy Thursday service takes place on 5 April at 19:30, followed by Good Friday service at 08:30 and the Sunrise Sunday service 06:30.
Franschhoek Methodist Church: They will have a Good Friday Service at 10:00 and an Easter Sunday service at 10:00.
Mount Bashan Mission: Dié Paarlse gemeente vier hul tiende bestaansjaar gedurende Paasnaweek, in samewerking met Huis van Gebed en Calvary Ministries. Dienste word Vrydag tot Sondag om 11:30 en 17:00 gehou in die skoolsaal van Dalweide Primêr. Navrae by pastoor Samuels, tel 084-501-0146.
VGK Bergrivier: ’n Saamtrek vir Paasfees word tot Sondag gehou. Dit begin vanaand (4 April) om 19:30 met ’n jeugdiens gelei deur pastoor Eben Mourries. Om 18:00 is daar ’n optog van Spar in Vanwyksvlei, onder leiding van die kerkbrigade. Verskeie jeugtakke en kinders met baniere sal deelneem aan die optog. Donderdag om 07:30 lei ds JC MacKay die Nagmaaldiens en die Vrydag om 08:00 word ’n Kruis-optog gehou van Mannies tot by die kerk. Om 10:00 hou ds MacKay die erediens. Die middag om 15:00 word ’n opelugdiens gehou en om 18:00 is daar ’n Kruis-opvoering en geestelike dans by die kerk. Saterdag om 10:00 hou die gemeente basaar en die aand om 19:00 is dit kampvuurtyd met sang en koortjies, gereël deur Koinonia. Sondag om 06:00 lei ds MacKay ’n opstandingsdiens by die Pelikaanstraat begraafplaas en om 10:00 is daar ’n erediens by die kerk. Die saamtrek word die middag om 15:00 afgesluit met ’n sangmiddag saam met Alban Pietersen, die Ayford-broers en vele ander. Kontak Johan Wagenstroom (082-847-2225) of Sean Fortuin (073-890-9383).
St Josephs AME-gemeente: Die kerk in die Paarl hou spesiale Paasfeesdienste met die tema ‘God roep ons tot Sy liefde’. ‘Voetewas dienste’ word tot Donderdag om 18:30 gehou, terwyl die Goeie Vrydag diens van 12:00 tot 15:00 plaasvind. Saterdag 7 April om 13:00 braai die gemeente saam en Paassondag, 8 April, is die dienste om 07:00 en 10:00. Maandag 9 April is daar ’n busrit na Worcester. Kontak eerw Keith Links by 021-862-1954 of 076-450-4158.
More
News
|