Christusfees gevier
2007-04-04
DIE jaarlikse Christusfees op Wellington vind vanjaar weer plaas oor die Paasnaweek, met die bekende prediker Gary Kieswetter van Pretoria wat by twee geleenthede optree.
Hy lei Vrydagoggend om 08:00 die Goeie Vrydagdiens in die NG Moederkerk Wellington en tree as prediker op tydens die Feesdiens op Boland Stadion Sondagaand om 18:30.
Gary is ‘n voormalige sakeman wat nou in voltydse bediening staan waar hy tot 300 keer per jaar dienste lei regoor die land.
Die gaskunstenaar by die feesdiens is Neil Büchner wat ook die lofprysing en aanbidding sal lei.
Neil het pas die ATKV Lier-toekening gekry vir die beste gospel CD van die jaar.
Alle belangstellendes word genooi om saam fees te vier. Indien dit reën verskuif die feesdiens na die NG-gemeente Wellington.
* ‘Venster vol son’, ‘n verhaal van sterwe en opstanding, geskik vir die Pase, word vanaand (Woensdag) om 19:30 in die Presbiteriaanse Kerk in Jan van Riebeeckstraat, langs die stadsaal, opgevoer.
Dit is gebaseer op ‘n ware verhaal en is ’n eenmansvertoning met Mariaan Kitching as akteur.
Toegang vir al die aanbiedinge van die Christusfees is gratis.
More
News
|