Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Feesnaweek vir kerk

Feesnaweek vir kerk
 
2007-04-04


DIE NG Kerk Wellington-Noord vier vanjaar sy vyftigste bestaansjaar met ’n luisterryke program. Dit begin met ’n feesnaweek in April.

Op Donderdag 19 April is daar ’n dinee en die volgende oggend om 06:30 begin daar ’n 50-uur gebedsketting, wat aansluit by 40 dae Doelgerigte Lewe.

Saterdag 21 April is daar ’n kermis met familiepret op die kerkterrein in MacCronestraat 11. Mense kan van 06:30 af koffie en beskuit geniet. Om 07:30 begin ’n 50km fietsry, gevolg deur ’n 20km fietsry en ’n 3,5km pretstap.

Die stalletjies open om 08:00, en om 08:30 is die amptelike opening en die loslaat van vredesduiwe.

Verskeie kunstenaars tree tot 14:00 op. Daar is prystrekkings (10:00) en kaartjies vir die braaikompetisie (11:00) word verkoop. Die finale beoordeling van die braaikompetisie is om 12:00 met die prysuideling om 13:00.

Sondag 22 April om 08:30 eindig die gebedsketting. Om 09:30 is daar ’n erediens en nagmaal, gevolg deur tee en verversings.

Die viering word op Woensdag 25 Julie voortgesit met ’n winter Kerskonsert die aand om 19:00 in die kerk, met Rina Hugo en Jannie Moolman.

Op Vrydag 7 September om 19:00 tree sanger Niël Buchner en Jandré Viljoen in die onthaalsentrum op en op Sondag 9 September is daar ’n spesiale jeugdiens in die kerk.

Navrae kan gerig word aan Marita by die kerkkantoor (021-873-2763), Marius (gemeentebestuurder, 084-273-2083), Shaun (kermis, 083-230-6324), André (fietstrap en pretstap, 082-572-3738) en Albertus (koördineerder, 083-460-8060).

* Dankie aan die borge: Pacmar, Prowell, SWP Burger, Hawekwa Kelders, Van Schalkwyk Vervoer, Windmeul Ingenieurswerke, Slabbert Burger, Bergrivier Motors, Lategan’s Sementwerke, Abend Ruhe Plase, Mfoshola, Koplande.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za