Frank Opperman in Paarl
2007-04-04
DIE bekende Frank Opperman is op Donderdag 24 Mei te sien in ‘Die Uwe Pottie Potgieter' by Simonsvlei, Paarl.
Dié nuwe Afrikaanse, eenman-komedie is geskryf deur Dana Snyman en die regie word behartig deur Albert Maritz.
Dit vertel die komiese dog roerende verhaal oor die wel en weë van Pottie Potgieter, ’n middeljarige man wat sy werk as boekhouer by Theron, Visser en Dlamini verloor ná twintig jaar se diens.
Die toneel speel af in Pottie se sitkamer. Hy kom so pas terug van sy 143ste werksonderhoud. Werk is skaars vir ’n bakkies soos syne.
Pottie probeer uitwerk waar dinge verkeerd geloop het, en wat geword het van al sy drome en ambisies. Hy neem die gehoor op ’n reis deur die wêreld van die werklose, hy besef dis eers wanneer jy werkloos is dat jy ander werkloses raak sien.
Bespreek by 021-863-3040, 082-418-4748, faks 086-634-6561 of lynette@simonsvlei.co.za.
More
News
|