Sport Telbord
2007-04-04
GHOLF Wellington Gholfklub (Enkel Progressiewe Stableford) 1. Jano Schoeman 39, 2. A Olivier 39, 3. L Karsten 38, 4. N Ruiters 38, 5. H Augustyn 38, 6. L Swart 37.
Paarl Gholfklub (4BBB Stableford) 1. C Barnard/F van der Merwe 45, 2. D Cronjé/D Retief 44, 3. P Kretzel/A Kretzel 44, 4. A Fletcher/J Fourie 43, 5. F van Dyk/G Daniels 43, 6. W October/H Dickson 43.
Bergrivier Gholfklub (4BBB Punte-kompetisie) 1. C Philander/N Ruiters 43, 2. A Reid/G Reid 43, 3. R Paulse/A van Rooi 42. jrbrodie
Die Brodie-span van Paarl Gholfklub het verlede Saterdag in hul eerste tuiswedstryd teen Kuilsrivier B gelykop geëindig. Die baan, wat tans in ’n puik toestand is, is moeilik opgestel en spelers moes hul storie ken om nie onnodige houe af te staan nie. Die uitslae is soos volg: H Visser klop A van der Linde 4/3, P van Zyl verloor teen L Lombaard 2/1, M Lochner klop J Morison 2/op, JP Hugo verloor teen G Fortuin 2/af, H Calitz verloor teen M Haupt 4/2, JP Neethling klop F Coetzee 1/op, J Hanekop klop C Wessels 1/op en R Nel verloor teen M Haupt 3/2.
RUGBY Newtons Rugbyklub het die afgelope naweek in 'n titaniese stryd teen Paarl Rugbyklub met 10-5 geseëvier. Teen rustyd was daar nog geen punte op die telbord nie en die wedstryd kon in daardie stadium na enige kant swaai. Newtons speel hierdie naweek hul laaste vriendskaplike wedstryd by die Wesbank Rugbydag in Malmesbury. Hul eerste ligawedstryd is 13 April teen Ceres
More
News
|