Musiekmarathon
2007-04-04
’n BOEREMUSIEK Marathondag word beplan vir Saterdag 21 April op Laerskool Noord-Eind se sportveld.
Mense wat belang stel in stalletjies vir die dag, teen R100 elk, kan Ciceel skakel vir ’n aansoekvorm.
Hulle kan ook vir Johann Wentzel skakel by 083-357-4552 vir meer navrae.
Daar gaan vyf of ses orkeste wees wat om die beurt die hele dag gaan musiek maak.
Stalletjies en hope vermaak vir oud en jonk, word in die vooruitsig gestel.
More
News
|