Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-atlete presteer in PE

Paarl-atlete presteer in PE
 
2007-04-04


DIE Boland Jeug- en Junior span het die afgelope naweek in Port Elizabeth by die SA Hoërskole Kampioenskap die laaste voorbereiding gedoen vir die SA Jeug en Junior Kampioenskap wat 13 en 14 April by die Pilditch Stadion in Pretoria gaan plaasvind.

Die Boland-atlete het in die individuele items in PE nie minder as 22 medaljes gewen (sewe goud, twaalf silwer en vier brons).

Janita Stander van Hoërskool La Rochelle het in die meisies o.17 paalspring ’n goue medalje verower met ’n sprong van 3,50m.

Hoërskool Gimnasium se Jean-Marie Senekal het tydens die meisies o.15 300mH eerste geëindig met ’n tyd van 44,55s en het ook ’n bronsmedalje ontvang vir die 90mH in ’n tyd van 13,38s.

Liné Barnard van Hoër Meisieskool Paarl het in die gewigstoot vir meisies o.19 silwer ontvang met haar poging van 12,48m terwyl Francois Burger van Paarl Gimnasium met ’n sprong van 4,30m in die seuns o.17 paalspring ook ’n tweede plek behaal het.

Benjamin Harmse van Paarl Atletiekklub het verder ’n tweede plek behaal tydens die seuns o.15 driesprong met ’n afstand van 12,92m met Lionel Abrahams van Hoër Jongenskool Paarl wat ’n bronsmedalje ontvang het vir sy poging van 6,78m in die seuns o.15 verspring.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za