Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA jazz sangeres bring Duitsers Paarl toe

SA jazz sangeres bring Duitsers Paarl toe
 
2007-04-04


VERSKEIDENHEID. Dit is hoe 'n mens die Jazz-orkes, wat uit die hartjie van die Rheinland-Pfaltz in Duitsland kom, kan beskryf.

Op Woensdag 18 April om 19:30 tree hulle by die Nelson's Creek Wynlandgoed, Paarl op.

Hierdie groep jong musikante wat tans op 'n uitgebreide besoek aan die Kaap en omgewing is, bied werklik iets vir almal.

Hulle is 'n hoog aangeskrewe Jazz Jeug-orkes en word begelei deur Frank Reichert. Die orkes staan bekend as die `Phoenix Foundation' en word ondersteun deur die Rheinland-Pfaltz distrik in Duitsland.

Die orkes het die afgelope paar jaar verskeie toere onderneem na onderskeidelik die VSA, Korea en Brasilië en het saam met bekende musikante soos Peter Weniger, Ack van Rooyen, Terell Stafford, Greg Abate, Samunori - Korea Drums en Pe Werner opgetree.

Die orkes gaan gehore vermaak met hoogtepunte uit die genres van Jazz- Rock- en Popmusiek.

Verwerkings van Count Basie, Gloria Gaynor en selfs temaliedere van James Bond is van die hoogtepunte waarna konsertgangers kan uitsien.

Daar is selfs splinternuwe liedere wat spesiaal vir hierdie toer gekomponeer is deur lede van die orkes.

Die geselskap bestaan egter nie net uit eg Duitse lede nie, maar het ook 'n Suid-Afrikaner aan die stuur van hul Suid-Afrikaanse toer.
Jeanine du Plessis van Kaapstad is die organiseerder van hierdie jong groep musikante.

Sy tree as gaskunstenaar saam met die groep op en is reeds 'n bekende in Duitsland se Jazz-geledere.

Sy het in 1997 haar B.Dram-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi, waarna sy in 2006 'n kursus aan die `Frankfurt Music Edition' in `Jazz-vocals' met Cum Laude voltooi het.

Sy is tans een van die mees opwindende nuwelinge in die Jazz-genre.

Voorafbespreking is noodsaaklik. Kaartjies (R80) sluit ’n ligte ete en wynproe in.

Skakel Tharine by 021-869-8453 vir navrae en besprekings.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za