Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos speel gelykop

Paarl-Oos speel gelykop
 
2007-04-04

Jacques Rossouw

DIE eindstryd van die Premier krieketliga tussen Thorp GM Paarl-Oos en Tata Oostelikes die afgelope naweek op Bolandpark het die nagenoeg 450 toeskouers behoorlik laat naels kou.

Die uitslag van dié dag-aandwedstryd is met die laaste bal bepaal en dit was deurentyd onseker wie uiteindelik sou wen.

Die Paarliete het die loot gewen en hul opponente ingestuur om eerste te gaan kolf, maar dié besluit het hul byna duur te staan gekom, met Oostelikes se eerste paaltjie wat eers in die 22ste beurt vir 123 gekantel het.

Drie kolwers van Oostelikes is daarna onnodig uitgehardloop terwyl Waylin September (2/36 in 9) en Kurt Julius (2/31 in 8) onder Oostelikes se kolwers ingeklim het.

Die besoekers het hul beurt op 225/8 gesluit met Ryno Arendse (56, 4x4), Jonathan Clarke (50, 4x7 en 6x1) en Clifford Booysen (27, 4x1 en 6x1) wat goed gekolf het.

Die kolwers van Paarl-Oos het aanvanklik klippe gekou en met die telling op 4/34 was hulle diep in die moeilikheid.

Vier van Paarl-Oos se kolwers is ook uitgehardloop wat dinge net verder bemoeilik het.

Dit was egter die uitstekende vennootskap van 121 lopies om die vyfde paaltjie tussen Bruce Miller (78, 4x3 en 6x2) en Morné de Vries (39, 4x7) wat sake vir die Paarliete gered het.

Waylin September (20, 4x2 en 6x1) en Wildon Vanneel (20, 4x1) het verder bygedra om Paarl-Oos uit die moeilikheid te kry.

Met die laaste aflewering van die wedstryd moes Paarl-Oos twee lopies aanteken om te wen, maar kon net daarin slaag om ’n enkellopie te kry om sodoende die beker met Oostelikes te deel.

* Die tweede span van Paarl-Oos het in hul eindstryd teen Maties II op die Parys-velde ’n goeie oorwinning behaal.

Maties het eerste gaan kolf en is in die 40ste beurt almal vir 164 lopies uitgeboender.

T Hayward (50, 4x1 en 6x2) en L Roelofse (38, 4x4) was die enigste kolwers wat noemenswaardige tellings kon aanteken.

Burton Gouws (4/31 in 9) en Justin Watts (3/27 in 7,3) het Maties se telling beperk.

Garth Lewis (48, 4x7 en 6x1), Germaine Didtloff (35, 4x1 en 6x2), Jenovan Adams (27nun, 4x2) en Lee-Roy Goliath (24) het met redelike gemak die teikentelling nagejaag.
Die wenlopies is in die 30ste beurt geslaan.

J Schickerling (2/28 in 4) en C Armitage (2/61 in 9) was die beste boulers vir Maties II gewees.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za