KWV wil transformasie van besigheid versnel
2007-04-04
KWV staar ‘n uitdagende tweede helfte van sy finansiële jaar in die gesig na gedempte groei in die maatskappy se halfjaar resultate tot einde Desember 2006. Omset het met 10,2% gegroei ten spyte van ‘n daling in totale verkoopsvolume.
Die herstrukturering van KWV se besigheidsbelange in die VK en Duitsland het beduidende eenmalige kostes tot gevolg gehad, wat bygedra het tot die druk op prestasie. Marktoestande het verdere druk op groei geplaas.
KWV het in die periode onder oorsig ook swaar belę in handelsmerke en in mense, en hoop om in die medium termyn goeie resultate hieruit te ontgin.
KWV se voljaar bedryfsresultate gaan moontlik verder geraak word deur ‘n herevaluasie van die maatskappy se wynbemarkingstrategie, wat in die laaste kwartaal van die finansiële jaar gedoen sal word.
Om die besigheidstransformasie van KWV te versnel, is daar verskeie maatreëls in plek gestel om te verseker dat die maatskappy sy kliëntefokus verbeter en effektiwiteite in die voorsieningsketting, bemarking en verkope optimeer.
“Ons wil ons besigheid belyn met die stem van die kliënt,” is die onderneming van Thys Loubser, KWV se nuwe hoof uitvoerende beampte sedert 1 Februarie.
Loubser het beklemtoon dat hy en sy bestuurspan sal streef om aan aandeelhouers se verwagtinge te voldoen. “Die waarde van die KWV handelsmerk en statuur van die maatskappy in die węreld van wyn bied ‘n gesonde grondslag vir toekomstige groei,” het hy gesę.
More
News
|