Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl, Bridge House domineer kanokampioenskap

Paarl, Bridge House domineer kanokampioenskap
 
2007-04-04


DIE Westelike Provinsie Junior Snelroei-kampioenskappe het die afgelope naweek by die Markstraatbrug in die Paarl plaasgevind.

Vyf klubs, naamlik Paarl Ontwikkeling, Stellenbosch, Milnerton, Peninsula en Bridge House, het aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Die kanovaarders van Paarl Ontwikkeling en Bridge House het gedomineer en die meeste van die wedlope gewen.

Die afrigter van dié twee spanne, Wayne August, wat op sy dag Suid-Afrika by die Afrika Kampioenskap verteenwoordig het, het gesê dat hy bly is oor die uitslae.

“Verlede jaar het WP vir ons ’n bakkie geskenk waarmee ek die kinders gaan optel en aflaai.

“Dit maak dit makliker om te oefen en die kinders is gretig om deel te neem.”

Marion van Zyl (Paarl Ontwikkeling) en Nicholas Howes (Bridge House) het onderskeidelik die meisies en seuns o.8 wedlope gewen.

Abigail Stubbs en Alexandra Rutherford (altwee van Bridge House) het die eerste en tweede plekke in die meisies o.10 ingeneem terwyl David Meihuizen (B) en Bradley Ruiters (P) gesamentlik die eerste plek in die seuns o.10 gekry het. Martine Beukes (B) en Elizabeth Earl (P) het die o.12 wedloop vir meisies gedomineer met Danie Buys en Daniel Pretorius (altwee van Bridge House) wat silwer en goud in die seuns o.12 ingepalm het.

Bianca Ferreira (B) was die derde o.14 meisie oor die wenstreep. In die seuns o.14 wedloop het Divieano Pietersen en Nicholas de Villiers (P) die 2de plek gedeel met Nicholas Stevens (B) wat die 3de posisie behaal het.

Jo-Anne Minnaar het die meisies o.16 afdeling gewen. Chrisjan Coetzee, Michael Nutt en Joseph Williams (P) het die eerste drie plekke in die seuns o.16 wedloop geneem. Pierre-André Rabie (P) het die seuns o.18 kompetisie gewen.

Dié kanovaarders berei hulself nou voor vir die SA Skole Snelroei-kampioenskap wat van 28 tot 30 April in Pretoria gaan plaasvind.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za