Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winkel stel teleur

Winkel stel teleur
 
2007-04-04


ONS is lojale kliënte van Checkers in Paarl vir 27 jaar. Die afgelope jaar is ons ontevrede met die swak tegnologiese hulpmiddels wat Checkers in hul Paarl-tak gebruik.

Dit gebeur gereeld dat die kasregisters nie krediet- of bankkaarttransaksies kan verwerk nie.

Die personeel moet dan gebruik maak van een enkele kaartmasjien om kliënte se transaksies te verwerk. Hulle staan elk met tot vyf kaarte van kliënte tussen hulle vingers “geliasseer” en kliente moet in rye staan met hul trollies tot hulle transaksies verwerk is.

Kliënte raak, om verstaanbare redes, ontevrede en ek kry die personeel jammer wat hulle moet kalmeer, terwyl swak tegnologie die probleem veroorsaak.

Ons Paarliete het nou genoeg gehad van swak diens. Ek is seker dat die probleme al by die hoofkantoor aangemeld is en vra daarom wat daaromtrent gedoen gaan word.

Ek wil die personeel bedank, wat te alle tye kalm probeer om onder moeilike omstandighede kliënte tevrede te stel en hulle transaksie te verwerk.

Johan Joubert



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za