Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waaghalsige dief kom moses te

Waaghalsige dief kom moses te
 
2007-04-12


’n WAAGHALSIGE klouterdief het die afgelope naweek sy moses teëgekom nadat hy by ’n woonstel in Van der Lingenstraat in sentraal-Paarl ingebreek het.

Die man het soos ’n ware Houdini by ’n aflooppyp by Lingenhof opgeklouter en sy lewe gewaag om oor die rand van ’n nou balkon te balanseer, terwyl hy ’n venster wat op 'n skreef was, oopgedwing het om toegang tot die hoofslaapkamer te kry.

Hierna het hy ’n selfoon en bril langs ’n slapende vrou se kop gesteel en verder gaan soek na nog buit.

Banie van Niekerk vertel dat sy vrou en kinders Vrydagnag geslaap het terwyl hy televisie gekyk het.

“Ek het ’n geluid gehoor, maar dog dis in die parkeerterrein. Daar word dikwels in voertuie ingebreek en ek het deur die venster geloer, maar niks gesien nie.

“Die volgende oomblik het ek my vrou Lyndré hoor gil van die trappe af. Sy het net gesê daar’s iemand in die seuns se kamer.

Lyndré, wat geslaap het, het wakker geword en ondersoek ingestel.
“Ek het tot my skok gesien dat ’n man in my seuns se laaie krap.

“Ek kon duidelik sien dat hy wit sokkies aan elke hand het en toe hy vir my sien het ek na my man geroep.

“Terwyl ek op die trap gestaan het, het hy by my verbygevlieg en ek kon my selfoon in sy hand sien.

“Hy het weer deur my slaapkamer gehardloop en sonder huiwering by dieselfde venster uitgespring waardeur hy ingeklouter het.”

Die geskokte Van Niekerks het dadelik die polisie gebel wat binne oomblikke op die toneel was.

Banie het vir hulle verduidelik dat hy die man in die rigting van Loopstraat sien hardloop het.

“Hy was effens mank en ek vermoed dat hy homself seergemaak het toe hy uit die venster gespring het. Dit is ’n geweldige hoogte.

“Omdat ek geweet het dat hy my vrou se selfoon het, het ek vir die polisie gesê dat ek die nommer onophoudelik sal skakel en hulle moet net luister vir ’n selfoon wat lui.”

Banie se taktiek het goed gewerk, want binne minute het die polisie op die man afgekom terwyl die selfoon duidelik in sy sak gelui het. Die bril is ook in sy besit gevind.

“Alhoewel ons ongedeerd gelaat is deur die voorval, is ons seuns Corné (8) en Divan (5) erg getraumatiseerd en wil nie vir ’n oomblik alleen gelaat word nie.”

Gavin Moses is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

* A burglar was arrested when the cellphone he had stolen from a flat in Paarl, rang in his pocket while the police were searching for him.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za