Sport Dagboek
2007-04-12
* Young Standards Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Klein Nederburg Sekondêre Skool.
* Windmeul United Rugbyklub is op soek na ’n hoof-afrigter. Enige navrae kan gerig word aan O Simonse by 083-484-6859.
* Violets Rugbyklub speel Saterdag weg teen Young Ideas. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Groenheuwel.
* Franschhoek High School will host a golf day at the Paarl Golf Club on Friday 27 July. The aim of the day is to generate additional funds for the school. Please contact the school for any contributions on 021-876-2079.
* Bergrivier Krieketklub bied Sondag om 11:00 hul algemene jaarvergadering by die klubhuis aan. Spelers en belangstellendes word gevra om die vergadering by te woon. Die klub is op soek na ’n afrigter, verkieslik mense wat ’n vlak 2 kursus voltooi het en woonagtig is in Wellington/Paarl. Belangstellendes kan Julius Williams kontak by 021-873-5045 of 082-076- 1972.
* Young Peoples Rugbyklub speel Saterdag teen Hamlets op Mamre (liga). Die bus vertrek 10:30 vanaf Dallas. Busgeld is R15 vir toeskouers.
* Lower Paarl Blues speel Saterdag teen Whistling Wheels op Daljosafat in die 3de Divisie (WP) om 13:00. Vir inligting, skakel Adam Pietersen by 021-862-4015.
More
News
|