Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moordklip - seuns in selle

Moordklip - seuns in selle
 
2007-04-12


TWEE minderjarige seuns is verlede week in hegtenis geneem op aanklag van moord, nadat ’n vragmotorbestuurder op die N1 gesterf het.

Michael Tukwayo (45) van Kaapstad is dood toe ’n klip wat verlede week Maandagaand vanaf die De Zoete Inval-brug geslinger is, deur sy voorruit gebars en hom op die bors getref het.

Tukwayo het op die toneel met ’n gebarste aorta beswyk.

Die polisie het die volgende dag straat vir straat in De Zoete Inval woonbuurt aan elke voordeur geklop en navraag gedoen oor seuns wat moontlik met kwajongstreke kon besig wees.

Dieselfde oggend nog is twee 15-jarige seuns van dié woonbuurt - een in graad agt in Rawsonville op skool en die ander in graad nege in die Paarl - in hegtenis geneem.

’n Derde seun, ’n 15-jarige vriend van Porterville, sal as getuie in die saak geroep word.

Die maats het Dinsdagnag in die polisieselle deurgebring, voordat hulle Woensdag in die Paarl Landdroshof verskyn het.

Terwyl die jeugdiges, die een fris en die ander skraal, koel en kalm voorgekom het, was die ouers duidelik ontsteld oor die moordklag en die toekoms van hul kinders.

Die verdagtes is deur die hof in hul ouers se sorg vrygelaat. Indien ’n seun sou versuim om vir die volgende hofverskyning, op 26 April, op te daag, sal die betrokke ouer moet verantwoording doen.

* Two teenage boys have been charged with the murder of a truck driver on the N1 passing Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za