Assessering van onderwysers
2005-05-19
‘n PLAASLIKE skoolhoof, Mohammed Sonday van Charleston Hill Primêr, is vanjaar tydelik gesekondeer na die plaaslike Onderwysbestuur- en ontwikkelingsentrum (Obos) om die nuwe Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel (GGBS) by skole aan die gang te kry.
Die nuwe stelsel wat sedert 1 Januarie by die Wes-Kaap Onderwysdepartement geloods is, kan vir onderwysers salarisverhogings en bonusse in die sak bring.
Adjunk-hoof Vincent Parrot neem intussen as prinsipaal waar.
Die GGBS is 'n assesseringstelsel vir opvoeders wat hoër prestasiestandaarde daarstel met ingeboude ontwikkeling-, ondersteuning- en aansporingsmaatreëls (bonusse).
Opvoeders moet eie ontwikkelingsondersteuningsgroepe (OOG) identifiseer, met wie hulle vergader om evaluering te bespreek. Kontak Sonday of Makhosandile Ndzuzo by Obos 860-1564.
More
News
|