Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitstalling 'n moet

Uitstalling 'n moet
 
2007-04-12


MET ontvangs van die uitnodigingskaartjie na die ‘art on paper’-uitstalling by die De Kraal Galery is ’n mens onmiddellik beïndruk met die eenvoud, formaat, asook die puriteit daarvan.

Hierdie uitstalling duur tot 21 April en is ’n ondervinding wat kunsliefhebbers nie moet misloop nie.

Noodgedwonge laat die getal kunstenaars verteenwoordig sekere vrae ontstaan. Kan ’n galery met so ’n beperkte ruimte beskikbaar soveel kunstenaars ekonomies akkommodeer? Hoe kan sulke uiteenlopende style ’n mate van kontinuïteit skep?

Die kuratrise het haar puik van haar taak gekwyt - mure is neutraal geverf, alle kunswerke is eenvormig geraam en die spasiëring van werke weldeurdag.

Keramiekwerke op hierdie uitstalling is van hoogstaande gehalte en vorm ’n eenheid met die res van die werke.
Kontemporêre kuns word gejukstaponeer langs dié met ’n meer modernistiese inslag, op so ’n manier dat werke mekaar aanvul. - JduP



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za