Verbeeldingsvlug by Laborie
2007-04-12
GENIET ‘n Verbeeldingsvlug in Kuns saam met ‘n belowende Paarlse kunstenaar, Mijo, van 17 tot 22 April by Laborie restaurant in die Paarl.
Die vorige solo-uitstalling van haar kunswerke tydens verlede jaar se Cultivaria-fees het groot belangstelling gewek.
Mijo sal tydens die volle duur van die uitstalling daagliks teenwoordig wees van 10:00 tot 15:00 en jy kan selfs kom kyk hoe haar skeppings vorm aanneem op die skilderdoek.
Tydens die openingsdag op 17 April word kunsliefhebbers getrakteer op ‘n gratis glasie vonkelwyn en ligte versnaperings.
Besprekings vir middagete oor hierdie periode kan gedoen word by 021-807-3093/5 of hetta@ gloriousfood.co.za.
More
News
|