Rooikappie in die Paarl
2007-04-12
’n HELE week van kinderteater vind van Maandag 16 April tot Vrydag 20 April in die Ou Meulteater in die Paarl plaas.
Rooikappie se Malle Maanmannetjie Mannewales gaan die kleingoed laat skaterlag. Rooikappie gaan na haar ouma in die towerwoud en ontmoet twee maanmannetjies.
Drekelina, die nare woudheks, besluit om hulle te vang vir maanmannetjietjops.
Kom kyk Maandag, Dinsdag, en Donderdag om 11:00, Woensdag om 15:00, Donderdag om 19:00 en Vrydag om 15:00 of sy dit regkry. Kaartjies is R25 by Printright (R20 vir blokbesprekings van meer as 10).
More
News
|