Ondersteuning vir angs
2007-04-12
DIE volgende vergadering van die angs- en depressie-ondersteuningsgroep vind Maandag om 19:00 plaas in die opleidingslokaal van die Paarl Medi-Clinic.
Die onderwerp wat bespreek word, is ‘Ontdek jou spirituele krag’. Riglyne sal gegee word oor hoe om jou spirituele vermoëns te ontdek, wat hierdie vermoëns behels en hoe om dit te bemeester ten einde ’n sinvolle en gelukkige lewe te lei.
Belangstellendes word genooi na hierdie byeenkoms en bywoning is gratis.
Die groep word gefasiliteer deur Christo Visser, Sonja Labuschagne en Mientie Kroukamp. Vir navrae, skakel 021-872-7466.
More
News
|