Boland half-marathon skakel in by Safari
2007-04-12
DIE 20ste jaarlikse Safari Half-marathon word Dinsdag 1 Mei op Wellington aangebied.
Dié byeenkoms word beskou as die vyfde grootste padwedloop in Suid-Afrika met nagenoeg 8000 atlete wat vanjaar aan die 21,1km half-marathon, 10km stap en 5km pretloop gaan deelneem.
Die half-marathon kampioenskap van Boland Atletiek gaan hierdie jaar vir die eerste keer ook deel uitmaak van die Safari wedloop. Dié kompetisie sal om 07:15 vanaf Hoërskool Hugenote se sportgronde begin.
Atlete wat vir die Safari ingeskryf het, begin dieselfde tyd vanaf Willem Bassonweg.
Die Boland half-marathon vorm deel van die Boland Padwedloopliga en sal die vierde byeenkoms in ’n reeks van tien wedlope wees. Atlete wat nog wil inskryf vir die 2007 Safari half-marathon moet daarop let dat inskrywings 19 April sluit.
More
News
|