Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim, Boishaai rugbytoernooie eindig

Gim, Boishaai rugbytoernooie eindig
 
2007-04-12


DIE Hoërskool Gimnasium o.16 rugbytoernooi het verlede week op ’n hoë noot geëindig met harde, voortvarende spel wat deurentyd deur die 28 deelnemende spanne van regoor Suid-Afrika gelewer is.

Met die aanbreek van die laaste reeks wedstryde Woensdagoggend, is die groep spelers van Grey Kollege aangewys as die span wat die aantreklikste rugby gedurende die toernooi gespeel het.

Die uitslae van die finale kragmetings was: Grey klop Waterkloof 36-10, Hoër Landbouskool Boland verloor teen Marlow 10-17, Paarl Gim klop Monument 17-8, Paul Roos klop HTS Middelburg 22-7, HJS verloor teen Glenwood 5-6, Kemptonpark klop Oakdale 22-17, Klerksdorp klop Framesby 17-7, EG Jansen klop Durban Hoër 33-10, Afrikaans Hoër klop Outeniqua 19-7, Rondebosch klop Michaelhouse 21-10, Florida klop Westville 16-13, Hugenote (Springs) klop Punt 22-0 en Centurion klop Helpmekaar 33-12.

Die Hoër Jongenskool Paarl het ook verlede week hul o.15 rugbytoernooi afgesluit. Hier het die plaaslike spanne hulle goed van hul taak gekwyt.

Boishaai en Gim het elk drie wedstryde gespeel en almal ook gewen terwyl Hoër Landbouskool Boland in twee van hulle kragmetings geseëvier het.

Die volledige uitslae van die laaste dag is: Paarl Gim klop Duineveld 11-8, HJS klop Glenwood 24-0, Waterkloof verloor teen Paul Roos 13-15, Menlopark klop Winchester B (Engeland) 13-0, Winchester A klop Zwartkop 16-13, Boland andbou klop Jeppe 9-7 en Punt verloor teen Brackenfell 7-14.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za