Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees by kerk

Fees by kerk
 
2007-04-19


DIE NG Kerk Wellington-Noord vier vanjaar sy vyftigste bestaansjaar met ’n luisterryke program.

Dit begin vanaand met ’n dinee en môre om 06:30 begin daar ’n 50-uur gebedsketting, wat aansluit by 40 dae Doelgerigte Lewe.

Saterdag is daar ’n kermis met familiepret op die kerkterrein in MacCronestraat 11. Mense kan van 06:30 af koffie en beskuit geniet.

Om 07:30 begin ’n 50km fietsry, gevolg deur ’n 20km fietsry en ’n 3,5km pretstap.

Die stalletjies open om 08:00, en om 08:30 is die amptelike opening en die loslaat van vredesduiwe.

Verskeie kunstenaars tree tot 14:00 op. Daar is prystrekkings (10:00) en kaartjies vir die braaikompetisie (11:00) word verkoop. Die finale beoordeling van die braaikompetisie is om 12:00 met die prysuitdeling om 13:00.

Sondag om 08:30 eindig die gebedsketting. Om 09:30 is daar ’n erediens en nagmaal, gevolg deur tee en verversings.

Die viering word in Julie en September voortgesit.

Navrae kan gerig word aan Marita by die kerkkantoor (021-873-2763), Marius (gemeentebestuurder, 084-273-2083), Shaun (kermis, 083-230-6324), André (fietstrap en pretstap, 082-572-3738) en Albertus (koördineerder, 083-460-8060).

* Dankie aan borge: Pacmar, Prowell, SWP Burger, Hawekwa Kelders, Van Schalkwyk Vervoer, Windmeul Ingenieurswerke, Slabbert Burger, Bergrivier Motos, Lategan’s Sementwerke, Abend Ruhe Plase, Mfoshola, Koplande.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za